Deuteronomy 20:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En watter man is daar wat 'n vrou verloof het en haar nie geneem het nie? laat hom gaan en teruggaan na sy huis, dat hy nie in die geveg sterf en 'n ander man haar neem nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Het iemand pas verloof geraak? Gaan huis toe en gaan trou! Jy kan dalk in die geveg omkom en dan is daar iemand anders wat met jou verloofde trou.’
Afrikaans 1933/1953 En wie is die man wat hom met 'n vrou verloof en haar nie geneem het nie? Hy kan teruggaan huis toe, dat hy nie in die oorlog sterwe en iemand anders haar neem nie.
Afrikaans 1983 Wie het verloof geraak maar is nog nie getroud nie? Hy moet teruggaan huis toe sodat hy nie in die oorlog omkom en 'n ander met sy verloofde trou nie.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wie is aan 'n vrou verloof en het haar nog nie geneem nie? Hy mag teruggaan na sy huis, anders sneuwel hy in die geveg en neem 'n ander man haar.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En wie is verloof aan 'n vrou, maar het nog nie met haar getrou nie? Hy moet teruggaan na sy huis, want as hy in die oorlog sterf, dan sal 'n ander man miskien met die vrou trou.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Is daar iemand onder julle wat nou net verloof geraak het? As daar so iemand is, moet hy huis toe gaan en gaan trou. Dalk word hy in die geveg doodgemaak en dan trou iemand anders op die ou end met sy verloofde.’