Deuteronomy 20:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En watter man is dit wat 'n wingerd geplant het en nog nie daarvan geëet het nie? laat hom ook gaan en teruggaan na sy huis, dat hy nie in die geveg sterf en 'n ander man daarvan eet nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Het iemand ’n wingerd geplant en nog nie van die vrugte daarvan geëet nie? In so ’n geval, gaan huis toe! Jy kan dalk omkom in die geveg en dan is daar iemand anders wat jou druiwe gaan eet!
Afrikaans 1933/1953 En wie is die man wat 'n wingerd geplant en dit nie in gebruik geneem het nie? Hy kan teruggaan huis toe, dat hy nie in die oorlog sterwe en iemand anders dit in gebruik neem nie.
Afrikaans 1983 Wie het 'n wingerd geplant en nog nie van sy vrugte geëet nie? Hy moet teruggaan huis toe sodat hy nie in die oorlog omkom en 'n ander van sy wingerd eet nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wie het 'n wingerd geplant en nog nie self die eerste vrugte daarvan geniet nie? Hy mag teruggaan na sy huis, anders sneuwel hy in die geveg en geniet iemand anders daarvan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En wie het 'n wingerd geplant, maar het nog nie van die druiwe geëet nie? Hy moet teruggaan na sy huis, want as hy in die oorlog sterf, dan sal 'n ander man miskien die druiwe eet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Is daar iemand onder julle wat pas ’n wingerd geplant het, maar nog nie eens van die vrugte van die wingerd kon eet nie? As daar so iemand is, moet hy huis toe gaan. Miskien word hy in die oorlog doodgemaak en dan eet iemand anders die druiwe van sy nuwe wingerd.