Deuteronomy 20:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sal vir hulle sê: Hoor, o Israel, julle nader vandag om teen julle vyande te veg; laat julle harte nie beswyk nie, bevrees nie en bewe nie, en wees nie verskrik oor hulle nie;
Afrikaans (NLV) 2011 Hy sal sê: ‘Luister na my, manskappe van Israel! Moenie bang wees as julle vandag uittrek om te gaan veg nie! Moenie bang of verskrik wees nie,
Afrikaans 1933/1953 en hy moet aan hulle sê: Hoor, Israel, julle trek vandag nader om te veg teen julle vyande; laat julle hart nie week word nie, wees nie bevrees en beangs en word nie verskrik vir hulle nie;
Afrikaans 1983 Hy moet vir hulle sê: ‘Luister, Israel! Julle staan nou gereed om teen julle vyande te veg. Moenie bewe nie, moenie bang wees nie, moenie vreesbevange word nie, moenie vir hulle skrik nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy moet vir hulle sê, ‘Luister, Israel, julle gaan vandag betrokke raak in 'n geveg met julle vyande. Moenie lafhartig wees nie; moenie bang wees, haastig omspring of beangs raak oor hulle nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy moet vir die manne sê: ‘Israeliete, julle moet luister! Julle staan nou gereed om oorlog te maak teen julle vyande. Julle moenie moedeloos en bang word nie. Julle moenie skrik en bewe vir hulle nie,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy moet sê: ‘Luister na my, Israeliete! Julle staan op die punt om teen ’n vyand te gaan veg. Moenie bang wees nie. Moenie paniekbevange rondkyk wie julle sal help nie. Moenie vir julle vyand skrik nie.