Deuteronomy 20:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wanneer jy 'n stad 'n lang tyd beleër deur oorlog daarteen te voer om dit in te neem, mag jy sy bome nie vernietig deur 'n byl teen hulle te dwing nie; want jy mag daarvan eet en hulle nie afkap nie en die boom van die veld is die mens se lewe) om hulle in die beleg te gebruik:
Afrikaans (NLV) 2011 “Wanneer julle ’n stad vir ’n lang tyd beleër, moenie die bome afkap nie. Eet die vrugte daarvan, maar moenie die bome afkap nie. Die bome is mos nie die vyand wat jy moet aanval nie!
Afrikaans 1933/1953 As jy 'n stad baie lank beleër deur oorlog daarteen te voer om dit te verower, moet jy sy bome nie verwoes deur die byl daarteen te swaai nie; maar jy mag daarvan eet en mag dit nie afkap nie; want is die bome van die veld dan mense, dat hulle deur jou in beleëring moet kom?
Afrikaans 1983 “Wanneer jy 'n stad 'n lang ruk beleër terwyl jy daarteen oorlog maak om dit in te neem, moet jy nie sy bome verwoes en dit afkap nie, want jy moet die vrugte daarvan eet. Jy mag dit nie afkap nie, want die bome op die land is nie mense dat jy teen hulle moet veg nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Wanneer jy 'n stad lank beleër en daarteen oorlog voer om dit te verower, moet jy die bome nie verwoes deur die byl in te lê nie, want jy moet daarvan eet; jy mag dit nie afkap nie. Is die bome in die veld dan mense dat hulle deur jou toedoen by die beleg betrek moet word?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer julle 'n stad 'n lang tyd van al die kante aanval en oorlog maak teen die mense om hulle te oorwin, dan moet julle nie die vrugtebome afkap nie. Die bome is nie mense teen wie julle moet oorlog maak nie, julle moet die bome se vrugte eet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “As jy ’n stad aanval, kan dit gebeur dat dit ’n lang tyd neem voor jy uiteindelik die geveg wen. Dan mag jy nie die bome in daardie omgewing uitroei nie. Ja, jy mag van die bome se vrugte eet, maar jy mag nie die bome afkap nie. Die bome is nie jou vyande dat jy hulle moet aanval nie! Bome is kos vir die mens.