Deuteronomy 20:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) dat hulle julle leer om nie te doen volgens al hulle gruwels wat hulle aan hulle gode gedoen het nie; so moet julle sondig teen die HERE julle God.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit sal verhoed dat hulle julle leer om al die afskuwelike gode te maak wat hulle vir hulleself as gode gemaak het, en so teen die Here julle God sondig.
Afrikaans 1933/1953 sodat hulle julle nie leer om te handel volgens al hulle gruwels wat hulle vir hul gode gedoen het, en julle teen die HERE julle God sondig nie.
Afrikaans 1983 Hulle mag julle nie leer om al die afskuwelike afgodsbeelde te maak wat hulle vir hulle as gode gemaak het nie. Hulle mag julle nie teen die Here julle God laat sondig nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Julle moet dit doen, sodat hulle julle nie leer om al hulle afstootlike gebruike wat hulle vir hulle gode beoefen, na te doen en julle sodoende teen die Here julle God sondig nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As julle dit nie doen nie, dan sal hulle vir julle leer om al die dinge te doen wat hulle vir hulle gode doen. Die Here haat daardie dinge, julle moenie sonde doen teen julle God die Here nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit sal keer dat hierdie mense, die mense wat nou in jou land bly, jou op die ou end dinge leer en jy die afskuwelike dinge begin doen wat hulle doen, en die afgode aanbid wat hulle dien. As jy hierdie dinge doen, sal jy jouself van die Here losmaak en sal Hy jou daarvoor straf.