Deuteronomy 20:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar van die stede van hierdie volk wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee, moet jy niks wat asemhaal, lewendig maak nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Wat betref die stede van die nasies wat die Here jou God vir jou as ’n erfenis gee: Jy moet alles wat daarin lewe, doodmaak.
Afrikaans 1933/1953 Maar van die stede van hierdie volke wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee, moet jy niks wat asem het, laat lewe nie.
Afrikaans 1983 Uit die stede van hierdie volke wat deur die Here jou God aan jou as besitting gegee word, mag jy niks laat bly lewe nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Uit die stede van hierdie volke wat die Here jou God vir jou as erfdeel gaan gee, mag jy egter niemand wat asemhaal, laat leef nie;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nee, julle moet niemand laat aanhou lewe in die stede van hierdie volke nie, die stede wat julle God die Here vir julle gee om julle stede te wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Met die stede van die nasies wat die Here jou God vir jou gee om in te gaan bly, moet jy so maak: jy moet alles doodmaak wat in hierdie stede leef, sonder om enigiets te verskoon.