Deuteronomy 20:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar die vroue en die kindertjies en die vee en alles wat in die stad is, al die buit daarvan, moet jy vir jou neem; en jy moet die buit van jou vyande eet wat die HERE jou God jou gegee het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die vroue, kinders, diere en ander buit mag jy vir jouself hou. Die buit van jou vyande wat die Here jou God vir jou gee, mag jy geniet. |
| Afrikaans 1933/1953 | net die vroue en die kinders en die vee en alles wat in die stad is -- die hele buit moet jy vir jou roof; en jy moet die buit van jou vyande eet wat die HERE jou God jou gegee het. |
| Afrikaans 1983 | maar die vrouens en klein kindertjies, die vee en alles wat in die stad is, alles wat gebuit kan word, moet jy buitmaak sodat jy kan geniet wat jy by jou vyand buitgemaak het, wat die Here jou God vir jou gegee het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Slegs die vroue en kinders, die diere en alles wat in die stad is, al die buit daarin, mag jy vir jouself vat. Jy mag eet wat buitgemaak is van jou vyande, wat die Here jou God aan jou gee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet die vroue en die kinders en die diere en alles wat in die stad is, vir julleself vat. Julle moet die goed van julle vyande gebruik, julle God die Here gee dit vir julle. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar die vroue en kinders en die vee en ander besittings wat jy in die stad kry, mag jy vir jouself hou. Geniet die besittings van jou vyande omdat dit die Here jou God is wat jou vyande in jou mag oorgee. |