Deuteronomy 20:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wanneer jy naby 'n stad kom om daarteen te veg, verkondig dan vrede vir hom.
Afrikaans (NLV) 2011 “As jy ’n stad nader om dit aan te val, maak eers ’n vredesaanbod.
Afrikaans 1933/1953 As jy naby 'n stad kom om daarteen te veg, moet jy dit vrede aanbied.
Afrikaans 1983 Wanneer jy teen 'n stad optrek om daarteen te veg, moet jy 'n vredesaanbod maak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Wanneer jy by 'n stad kom om daarteen oorlog te voer, moet jy vir die stad die vredesvoorwaardes uitroep.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer julle gereed is om oorlog te maak teen 'n stad, dan moet julle vir hulle vra of hulle vrede wil maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “As jy oorlog teen ’n stad maak, en jy trek teen hom op, bied eers vir die mense van die stad vrede aan. Sê vir hulle onder watter voorwaardes jy hulle stad sal spaar.