Deuteronomy 20:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As jy uittrek om te veg teen jou vyande en perde en strydwaens en 'n volk meer as jy sien, wees nie bevrees vir hulle nie, want die HERE jou God is met jou wat jou uit Egipteland laat optrek het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Wanneer jy uittrek om teen jou vyande te gaan veg en jy sien hulle perde en strydwaens en ’n leër groter as joune, moet jy nie bang wees nie. Die Here jou God wat jou uit Egipte laat optrek het, is by jou! |
| Afrikaans 1933/1953 | As jy na die oorlog uittrek teen jou vyand en perde en strydwaens sien, 'n volk meer in getal as jy, dan moet jy vir hulle nie vrees nie; want die HERE jou God wat jou uit Egipteland laat optrek het, is met jou. |
| Afrikaans 1983 | “Wanneer jy teen jou vyande gaan oorlog maak en jy merk hulle het perde en strydwaens en hulle is meer as jy, moet jy nie vir die vyande bang wees nie. Die Here jou God wat jou uit Egipte laat trek het, is by jou. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Wanneer jy vir 'n geveg uittrek teen jou vyande, en jy sien perde en strydwaens en meer manskappe as jy, moet jy nie vir hulle bang wees nie, want die Here jou God, wat jou uit Egipteland laat optrek het, is by jou. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses het gesê: “Wanneer julle gaan oorlog maak teen julle vyande en julle sien die perde en die oorlogkarre en manne wat meer is as julle, dan moet julle nie bang word vir hulle nie, want julle God die Here is by julle, julle God die Here wat julle uit die land Egipte gebring het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Jy gaan in gevegte beland. Ander nasies gaan teen jou oorlog maak. Dan gaan jy dalk sien dat hulle baie wapens het wat beter is as joune, en dat hulle meer soldate het as jy. Moet dan nie bang wees en benoud rondhardloop nie. Die Here jou God het jou veilig tot hier gelei, daar van Egipte af. Niemand minder nie as Hy is by jou. Jy het niks om voor bang te wees nie. |