Deuteronomy 19:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As jy al hierdie gebooie bewaar om dit te doen wat ek jou vandag beveel, om die HERE jou God lief te hê en altyd in sy weë te wandel; dan moet jy vir jou nog drie stede byvoeg, behalwe hierdie drie.
Afrikaans (NLV) 2011 moet jy nog drie asielstede aanwys. As jy al sy opdragte wat ek vir jou gee, gehoorsaam deur altyd die Here jou God lief te hê en volgens sy wil te lewe, sal Hy die land vir jou gee.
Afrikaans 1933/1953 -- as jy sorgvuldig al hierdie gebooie hou wat ek jou vandag beveel om dit te doen, om die HERE jou God lief te hê en altyd in sy weë te wandel -- dan moet jy vir jou nog drie stede by hierdie drie byvoeg,
Afrikaans 1983 ***
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) as jy hierdie hele gebod wat ek vandag vir jou voorskryf, nougeset nakom deur die Here jou God lief te hê en altyd sy paaie te volg – dan moet jy by hierdie drie stede nog drie voeg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) dan moet julle daardie drie stede en nóg drie ander asielstede ook kies. Maar dan moet julle doen wat al die wette sê wat ek vandag vir julle gee. Julle moet lief wees vir julle God die Here en julle moet altyd lewe soos Hy wil hê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy sal julle hierdie hele land gee as julle alles doen wat Hy julle beveel, alles wat ek vir julle gesê het. Wat Hy julle beveel, is dat julle Hom sal liefhê en doen wat Hy julle beveel. Daardie dag moet julle nog drie ander stede aanwys.