Deuteronomy 19:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as die HERE jou God jou grondgebied uitbrei soos Hy aan jou vaders met 'n eed beloof het, en aan jou die hele land gee wat Hy beloof het om aan jou vaders te gee;
Afrikaans (NLV) 2011 “As die Here jou God jou grondgebied vergroot, soos Hy plegtig aan jou voorouers beloof het, en Hy gee vir jou die hele land wat Hy beloof het,
Afrikaans 1933/1953 En as die HERE jou God jou grondgebied uitbrei, soos Hy aan jou vaders met 'n eed beloof het, en jou die hele land gee wat Hy beloof het om aan jou vaders te gee
Afrikaans 1983 [8-9] Maar as die Here jou God die grondgebied uitbrei soos Hy met 'n eed aan jou voorvaders beloof het en Hy gee die hele land wat Hy aan hulle beloof het aan jou, moet jy nog drie stede by die eerste drie voeg. Die Here sal jou gebied uitbrei omdat jy hierdie hele wet wat ek jou vandag gee, gehoorsaam deurdat jy die Here jou God liefhet en altyd volgens sy wil lewe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “As die Here jou God jou grondgebied uitbrei, soos Hy jou voorvaders met 'n eed beloof het – en Hy sal vir jou die hele land gee wat Hy beloof het om aan jou voorvaders te gee,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar as julle God die Here vir julle 'n groot land gee, die hele land wat Hy aan julle voorvaders belowe het,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Later gaan die Here julle land groter maak en dan gaan julle grense uitgebrei word, presies net soos Hy julle voorvaders belowe het. Dan gaan Hy julle al die grond gee wat Hy julle belowe het.