Deuteronomy 19:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dat die bloedwreker nie die doodslagner agtervolg terwyl sy hart warm is nie, en hom inhaal, omdat die pad lank is, en hom doodmaak; terwyl hy die dood nie waardig was nie, omdat hy hom nie vroeër gehaat het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 As die afstand na die naaste asielstad te ver is, kan ’n woedende naaste familielid die persoon agtervolg en doodmaak. Die persoon sterf dan selfs al was daar geen misdaad gepleeg nie en was die eerste persoon se dood ’n ongeluk.
Afrikaans 1933/1953 sodat die bloedwreker hom wat 'n doodslag begaan het, nie agtervolg as sy hart verhit is en hom inhaal -- omdat die pad lank is -- en hom doodslaan nie, terwyl hy die dood nie verdien het nie, omdat hy hom van gister en eergister af nie vyandig was nie.
Afrikaans 1983 As die pad na so 'n stad toe te lank sou wees, sou dit kon gebeur dat 'n familielid wat in sy woede die ander se dood wil wreek, die man wat hom doodgemaak het, agtervolg en inhaal en doodmaak al is daar nie 'n misdaad gepleeg wat die dood verdien nie: daar was mos nie voorheen vyandskap tussen hulle nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Anders sit die bloedwreker, terwyl sy hart ontsteld is, die een agterna wat manslag gepleeg het en haal hom in, omdat die afstand te groot is. Hy slaan dan die persoon dood, en dit terwyl die persoon die dood nie verdien het nie. Hy het immers nie voorheen teen die ander een 'n wrok gekoester nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As iemand wil vlug en daar is nie 'n asielstad naby nie, dan sal die naaste familielid van die persoon wat dood is, miskien die man wat hom doodgemaak het, kan volg en vang en hy sal die man doodmaak voordat hy by die asielstad kan kom. En dit sal nie reg wees nie, want die man was nie voorheen die persoon se vyand nie, hy moenie sterf nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die afstand na so ’n stad moenie te groot wees nie, anders maak ’n familielid wat kwaad is oor die persoon wat dood is dalk die onskuldige persoon dood voor hy homself kan beskerm. Dan word die persoon wat die dood van ’n ander veroorsaak het, maar wat self eintlik onskuldig is, doodgemaak sonder dat ’n hof hom skuldig bevind en hom die doodstraf opgelê het.