Deuteronomy 19:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Soos wanneer 'n man saam met sy naaste in die bos ingaan om hout te kap, en sy hand haal 'n hou met die byl om die boom af te kap, en die kop gly van die hel af en steek op sy naaste, dat hy sterf; hy sal na een van daardie stede vlug en lewe.
Afrikaans (NLV) 2011 Byvoorbeeld, iemand kan saam met sy naaste in die bos ingaan om daar hout te gaan kap. Hy swaai die byl, die kop van die byl kom onverwags los van die steel en veroorsaak die ander persoon se dood. In so ’n geval kan die persoon na een van die asielstede toe vlug om daar veilig te gaan leef.
Afrikaans 1933/1953 en hy wat saam met sy naaste in die bos gaan om hout te kap en sy hand swaai met die byl om die boom af te kap, en die yster glip van die steel af en tref sy naaste, sodat hy sterwe -- hy moet in een van hierdie stede vlug om in die lewe te bly;
Afrikaans 1983 Wanneer iemand byvoorbeeld saam met sy buurman na 'n bos toe gaan om hout te kap en hy swaai die byl in sy hand om 'n boom te kap, en die byl skram weg van die boom af en tref die buurman sodat hy sterf, mag so 'n persoon na een van die drie stede toe vlug om te bly lewe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Iemand gaan byvoorbeeld saam met sy vriend in die bos in om hout te kap, en wanneer hy sy arm swaai om die boom af te kap, glip die kop van die byl van die steel af en tref die ander man, sodat hy sterf. So iemand moet na een van hierdie stede kan vlug om te bly leef.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Byvoorbeeld: Wanneer 'n persoon saam met iemand anders na die bos gaan om hout te kap, en hy swaai die byl om 'n boom af te kap, en die ysterlem gly af van die byl se steel en dit val teen die ander persoon sodat hy sterf, dan mag die persoon wat die byl in sy hand gehad het, vlug na een van hierdie stede, hy mag aanhou lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sê nou maar byvoorbeeld iemand kap hout in ’n bos. Iemand anders is saam met hom. Terwyl hy hout kap, kom sy byl se kop los en tref hierdie ander mens en maak hom dood. In sulke gevalle kan daardie mens na een van hierdie stede vlug. Daar sal hy veilig wees.