Deuteronomy 19:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit is die geval van die moordenaar wat daarheen sal vlug om te lewe: wie sy naaste onwetend doodmaak, wat hy vroeër nie gehaat het nie; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “As iemand sonder opset ’n ander persoon doodgemaak het, en nie vantevore kwaadwillig teenoor hierdie persoon was nie, mag so iemand vir sy veiligheid na een van die stede toe vlug. |
| Afrikaans 1933/1953 | En dit is die saak van hom wat 'n doodslag begaan het, wat daarheen vlug, dat hy kan lewe: hy wat sy naaste sonder opset doodslaan, terwyl hy hom van gister en eergister af nie vyandig was nie; |
| Afrikaans 1983 | Iemand mag na een van die stede toe vlug om te bly lewe as hy 'n ander doodgemaak het sonder voorbedagte rade en sonder dat daar voorheen vyandskap tussen hulle was. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Die volgende reëling geld vir dié wat manslag gepleeg het en daarheen vlug om te bly leef: Dit moet iemand wees wat 'n medemens sonder voorbedagte rade doodgeslaan het. Hy moes nie voor die tyd 'n wrok teen hom gekoester het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As 'n persoon iemand anders doodgemaak het, maar hy wou dit nie doen nie, iemand wat nie voorheen sy vyand was nie, dan mag hy na een van die asielstede vlug sodat hy kan aanhou lewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “As iemand per ongeluk ’n persoon doodmaak sonder dat hy iets teen daardie mens gehad het, moet hy na hierdie stad toe vlug. Daar sal hy veilig wees. |