Deuteronomy 19:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jy moet vir jou 'n pad berei en die grondgebiede van jou land wat die HERE jou God jou as erfdeel sal gee, in drie dele verdeel, sodat elkeen wat verslaan, daarheen kan vlug.
Afrikaans (NLV) 2011 Verdeel die land wat die Here jou God as erfenis vir jou gee in drie streke sodat elke stad toeganklik is. Enigeen wat iemand doodgemaak het, moet daarheen kan vlug.
Afrikaans 1933/1953 Jy moet vir jou die pad regmaak en jou grondgebied wat die HERE jou God jou laat erwe, in drie dele verdeel, sodat elkeen wat 'n doodslag begaan het, daarheen kan vlug.
Afrikaans 1983 as stede waarheen iemand kan vlug as hy 'n ander doodgemaak het. Jy moet die land wat die Here jou God aan jou as besitting gee, in drie streke verdeel sodat die stede maklik bereikbaar is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Bepaal die afstande en verdeel dan die grondgebied van jou land wat die Here jou God vir jou as erfdeel gee in drie dele, sodat elkeen wat manslag gepleeg het, daarheen kan vlug.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet die land in drie dele deel, en daar moet 'n asielstad in elke deel wees, sodat 'n persoon wat iemand anders doodgemaak het, na 'n asielstad kan vlug en maklik daar kan kom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Verdeel die land wat die Here jou gaan gee in drie distrikte. Kies dan ’n stad in elke distrik. Sorg dat daar goeie paaie na hierdie stede toe is. As iemand moord pleeg, kan hy dan vlug en in een van hierdie stede gaan skuil.