Deuteronomy 19:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dan moet die twee manne tussen wie die twis is, voor die aangesig van die HERE staan, voor die priesters en die regters wat in dié dae sal wees; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | moet beide die klaer en die beskuldigde voor die priesters en regters verskyn wat diens doen voor die Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | dan moet die twee manne wat die regsaak het, gaan staan voor die aangesig van die HERE, voor die priesters en die regters wat daar in die dae sal wees. |
| Afrikaans 1983 | moet die twee mans wat in die saak betrokke is, voor die Here verskyn, voor die priesters en die regters wat aan diens is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | moet die twee wat die geskilpunt het, in die teenwoordigheid van die Here gaan staan, voor die priesters en regters wat daar in dié tyd sal wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan moet hulle altwee voor die Here kom staan, voor die regters en die priesters wat dan daar is, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | moet die persoon wat so sê en die persoon wat aangekla word, in my huis gaan staan. Hulle moet voor die mense verskyn wat in my huis werk en daar besluit wie is reg en wie nie. |