Deuteronomy 19:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Een getuie mag nie teen 'n mens opstaan vir enige ongeregtigheid of oor enige sonde, in enige sonde wat hy sondig nie; op die mond van twee getuies of op die mond van drie getuies sal die saak vasgestel word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Jy mag nie iemand aan ’n misdaad skuldig bevind slegs op grond van die getuienis van net een getuie nie. Die feite van die saak moet vasgestel word op grond van die getuienis van twee of meer getuies. |
| Afrikaans 1933/1953 | Een getuie mag nie teen iemand optree insake enige misdaad of enige sonde, by enige misstap wat hy begaan nie; op die verklaring van twee getuies of op die verklaring van drie getuies sal 'n saak van krag wees. |
| Afrikaans 1983 | “Daar mag nie net een persoon teen iemand getuig nie, al was die oortreding of die misdaad ook wat, al het hy ook hoe verkeerd gehandel. 'n Beskuldiging kan net bewys word deur die getuienis van twee of drie getuies. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Daar mag nie net een persoon as getuie optree teen iemand in verband met enige misstap, enige sonde of misdaad wat hy begaan het nie. Slegs op gesag van twee of drie getuies sal 'n saak vasstaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Een getuie alleen mag nie teen iemand getuig en sê dat hy enige iets verkeerd gedoen het nie. Daar moet twee of drie getuies wees wat sê dat hy iets verkeerd gedoen het, so kan hulle bewys dat hulle die waarheid praat. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Jy mag nooit iemand skuldig bevind aan iets wat hy verkeerd gedoen het as net een mens vertel het dat hy dit verkeerd gedoen het nie. Dit maak nie saak watter slegte daad hy ook al gedoen het nie, ten minste twee of drie mense moes dit gesien het voordat jy hom skuldig kan bevind. |