Deuteronomy 19:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jy mag jou naaste se landmerk nie verwyder nie, wat hulle van ouds af in jou erfdeel gestel het, wat jy sal beërwe in die land wat die HERE jou God jou gee om dit in besit te neem.
Afrikaans (NLV) 2011 “In die land wat die Here jou God vir jou as ’n erfdeel gee, mag jy nooit iemand se grond steel deur die grenslyne wat jou voorouers al vasgestel het, te verskuif nie.
Afrikaans 1933/1953 Jou naaste se grenslyn, deur die voorvaders getrek in jou erfdeel wat jy sal erwe in die land wat die HERE jou God jou sal gee om dit in besit te neem, mag jy nie verlê nie.
Afrikaans 1983 “Jy mag nie jou buurman se grenslyne verskuif nie. Dit is grenslyne wat voorheen deur die voorgeslag vasgestel is vir die eiendom wat jy sal besit in die land wat die Here jou God jou as besit sal gee.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Jy mag nie jou naaste se grens verskuif wat die voorgeslagte afgebaken het op jou erfenis wat jy gaan ontvang in die land wat die Here jou God vir jou gaan gee om in besit te neem nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Julle moenie die klippe op die grens tussen jou en jou buurman op 'n ander plek sit nie. Mense het voorheen gesê waar die grense moet wees van die plase wat julle sal kry in die land wat julle God die Here vir julle gee sodat julle dit vir julleself kan vat.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Jy mag nie in die land wat die Here jou God jou gaan gee iemand se grond steel deur sy grensdrade te verskuif nie. Die eerste mense wat in hierdie land gebly het, het die grenslyne van die grond vasgestel. So het hulle gewys watter grond behoort aan wie.”