Deuteronomy 19:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dan moet die oudstes van sy stad stuur en hom daarvandaan haal en hom oorgee in die hand van die bloedwreker, dat hy kan sterwe.
Afrikaans (NLV) 2011 moet die leiers van die moordenaar se tuisdorp hom uit die asielstad laat haal en hom oorgee aan die familielid wat die dood van die vermoorde persoon moet wreek.
Afrikaans 1933/1953 dan moet die oudstes van sy stad stuur en hom daarvandaan laat haal, en hulle moet hom in die hand van die bloedwreker oorgee, dat hy kan sterwe.
Afrikaans 1983 moet die leiers van sy stad hom van daar af laat haal en hom oorgee in die mag van die familielid wat die ander se dood wil wreek, en die familielid mag hom doodmaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) moet die oudstes van sy stad hom daar laat haal en hom aan die bloedwreker oorgee. Hy moet sterf.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) dan moet die leiers van sy stad mense stuur en hulle moet hom wegvat uit die asielstad. Hulle moet hom gee vir die naaste familielid van die man wat hy doodgemaak het, sodat hy ook kan sterf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In so ’n geval moet die leiers van die moordenaar se tuisdorp die moordenaar laat haal uit die stad waar hy gaan wegkruip het. Dan moet hulle hom aan die vermoorde persoon se familie gee dat hulle hom kan doodmaak.