Deuteronomy 18:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wanneer jy in die land kom wat die HERE jou God jou gee, moet jy nie leer om volgens die gruwels van daardie nasies te handel nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Wanneer jy in die land kom wat die Here jou God aan jou gee, moet jy nie die afskuwelike gebruike na-aap van die nasies wat daar lewe nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | As jy kom in die land wat die HERE jou God jou sal gee, moet jy nie leer om volgens die gruwels van daardie nasies te doen nie. |
| Afrikaans 1983 | “Wanneer jy in die land kom wat die Here jou God vir jou sal gee, moet jy nie die afskuwelike praktyke van daardie nasies aanleer nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Wanneer jy in die land kom wat die Here jou God vir jou gaan gee, moet jy nie die afstootlike gebruike van daardie nasies aanleer nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Wanneer julle in die land kom wat julle God die Here vir julle gee, dan moet julle nie leer om die dinge te doen wat daardie volke doen nie, die Here haat dit. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Wanneer jy kom in die land wat die Here jou God vir jou gaan gee, moet jy baie versigtig wees dat jy nie maak soos die mense wat nou nog in daardie land bly nie. Hulle doen afskuwelike dinge. |