Deuteronomy 18:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as daar 'n Leviet uit een van jou poorte kom uit die hele Israel waar hy as vreemdeling vertoef het, en kom met al die begeertes van sy gemoed na die plek wat die HERE sal uitkies; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Wanneer ’n Leviet uit die dorp in Israel waar hy as vreemdeling gewoon het, wil verhuis na die plek wat die Here sal kies, |
| Afrikaans 1933/1953 | En as 'n Leviet uit een van jou poorte kom, uit die hele Israel waar hy as vreemdeling vertoef, en hy na hartelus kom na die plek wat die HERE sal uitkies, |
| Afrikaans 1983 | Wanneer 'n Leviet uit enige van die Israelitiese stede waar hy as vreemdeling woon, na die plek toe wil kom wat die Here sal kies, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Wanneer 'n Leviet uit een van jou dorpe waar hy tydelike verblyf het, uit enige deel van Israel, kom, en hy uit vrye wil gaan na die plek wat die Here sal kies, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, ook wanneer 'n Leviet 'n vreemdeling is op 'n ander plek en hy wil vir die Here kom werk, dan mag hy enige tyd uit enige plek in die hele land Israel kom na die plek wat die Here sal kies, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Enige mens wat aan die stam van Levi behoort en in een van die dorpe van Israel bly, mag in sy huis kom werk as hy wil. Sy huis is die plek wat Hy gekies het om in te woon. |