Deuteronomy 18:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die HERE jou God het hom uit al jou stamme uitverkies om te staan om in die Naam van die HERE te dien, hy en sy seuns tot in ewigheid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here jou God het die stam van Levi uit al jou stamme gekies om vir altyd diens te doen in die Naam van die Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want die HERE jou God het hom uit al jou stamme uitverkies, dat hy altyd kan staan om te dien in die Naam van die HERE, hy en sy seuns. |
| Afrikaans 1983 | Die Here jou God het die Levistam uit al jou stamme uitgekies om in sy diens te staan. Levi en sy nageslag moet vir altyd aan die Naam van die Here diens lewer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | want Levi is deur die Here jou God gekies uit al jou stamme, sodat hy altyd in die Naam van die Here kan dien, hy en sy nageslag. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet dit doen omdat julle God die Here vir Levi en sy nageslag uit al die stamme gekies het om vir Hom in die tempel te werk. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Want die Here het hierdie mense, die kinders van Levi, gekies om in sy huis te werk. Hulle moet vir altyd werk waar Hy teenwoordig is. Hulle kinders en kleinkinders moet ook in my huis werk. |