Deuteronomy 18:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ook die eersteling van jou koring, van jou wyn en van jou olie en die eerstelinge van die vlies van jou kleinvee, moet jy hom gee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jy moet ook vir die priesters die eerste deel van die koringoes, die nuwe wyn, olyfolie en die eerste skeersel wol gee. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die eerstelinge van jou koring, jou mos en jou olie en die eerstelinge van die skeersel van jou kleinvee moet jy aan hom gee. |
| Afrikaans 1983 | jy moet vir die priester die beste deel gee van jou koringoes en jou wynoes, van jou olie-opbrengs en jou wolskeersel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die eerste opbrengs van jou koring, jou •nuwe wyn en jou olie, asook die eerste skeersel van jou kleinvee moet jy vir hulle gee; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet ook vir die priester die eerste koring en wyn en olyf-olie gee, ook die eerste wol en die eerste hare wat julle van julle skape en bokke afskeer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy moet ook vir hierdie mense die beste deel, die eerste deel van die koring wat van jou land af kom, gee, asook van die wyn wat jy maak. Jy moet ook vir hulle ’n deel gee van die olie wat jy maak en die wol wanneer jy jou skape skeer. |