Deuteronomy 18:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit moet die priester se skuld wees van die volk, van die wat 'n offer bring, of dit bees of kleinvee is; en hulle moet aan die priester die skouer en die twee wange en die wang gee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die priesters mag wel aanspraak maak op dele van die offers wat die volk bring. Van ’n bees of ’n skaap kan die priesters die blad, die kakebene en die pens kry. |
| Afrikaans 1933/1953 | En dit moet die reg van die priesters wees van die kant van die volk, van die wat 'n slagoffer bring, of dit 'n bees of 'n stuk kleinvee is: hulle moet aan die priester die blad en die twee kakebene en die maag gee. |
| Afrikaans 1983 | Die priesters mag soos volg by die volk aanspraak maak op offers wat gebring word: iemand wat 'n bees of 'n skaap kom offer, moet vir die priester die blad, die kakebene en die pens van die dier gee; |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die priesters is geregtig op die volgende van die kant van die volk wanneer hulle offer, of dit nou 'n bees of kleinvee is: Hulle moet vir die priesters die blad, die twee wange en die maag gee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hier is die dinge wat die Israeliete vir die priesters moet gee: Elke persoon wat 'n bees of 'n skaap of 'n bok offer, moet vir die priester 'n skouerblad van die dier gee, ook die kakebene en die pens van die dier. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die mense wat in sy huis werk, mag die volgende van die beeste en skape kry wat julle as julle offers na sy huis toe bring om vir Hom geoffer te word: die skouer, kakebeen en pens van elke dier. |