Deuteronomy 18:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wanneer 'n profeet in die Naam van die HERE spreek, as die ding nie volg en nie gebeur nie, is dit die woord wat die HERE nie gespreek het nie, maar die profeet het dit vermetel gespreek; jy moet vir hom nie bevrees wees nie.
Afrikaans (NLV) 2011 As die profeet iets in die Naam van die Here sê en dit gebeur nie, dan het die Here nie daardie boodskap gegee nie. Die profeet het dan uit sy eie gepraat en jy hoef jou nie aan hom te steur nie.”
Afrikaans 1933/1953 as die profeet in die Naam van die HERE spreek, en wat hy gesê het, gebeur nie en kom nie uit nie, dan is dit die woord wat die HERE nie gespreek het nie; deur vermetelheid het die profeet dit gespreek; jy mag vir hom nie bang wees nie.
Afrikaans 1983 moet jy weet: as 'n profeet iets in die Naam van die Here aankondig en dit kom nie uit nie en dit gebeur nie so nie, dan het die Here nie met die profeet gepraat nie. Dan het die profeet hom dit aangematig en hoef jy jou nie aan hom te steur nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As dit wat 'n profeet in die Naam van die Here sê, nie gebeur nie en daar kom niks van nie, dan is dit woorde wat die Here nie gespreek het nie. In vermetelheid het die profeet dit gesê. Jy mag nie vir hom bang wees nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer 'n profeet sê die Here het hom gestuur om te sê iets sal gebeur, maar dit gebeur nie, dan sal julle weet die Here het dit nie gesê nie, dan het die profeet self gedink hy moet dit sê. Julle moenie bang wees vir wat daardie profeet sê nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) So sal julle kan uitvind of hy die waarheid praat: as hy iets voorspel en sê die Here het vir hom gesê dit gaan gebeur, en dit gebeur nie, dan weet julle mos dis nie die Here wat met hom gepraat het nie. Hierdie mens het sommer uit sy eie gepraat. Jy hoef jou nie aan hom te steur nie.”