Deuteronomy 18:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die profeet, wat vermetel is om 'n woord in my Naam te spreek wat Ek hom nie beveel het om te spreek nie, of wat in die naam van ander gode sal spreek, dié profeet sal ook sterwe.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Profeet wat in die naam van gode praat of wat valslik aanspraak maak om namens My te praat, moet sterf.’
Afrikaans 1933/1953 Maar die profeet wat so vermetel is om 'n woord in my Naam te spreek wat Ek hom nie beveel het om te spreek nie, of wat in die naam van ander gode spreek, die profeet moet sterwe.
Afrikaans 1983 'n Profeet wat hom dit aanmatig om in my Naam iets te sê wat Ek hom nie beveel het nie, moet sterf. Dit geld ook van 'n profeet wat in die naam van ander gode praat.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar die profeet wat so vermetel is om 'n woord in my Naam te sê wat Ek hom nie beveel het om te sê nie, of wat in die naam van ander gode praat – daardie profeet moet sterf.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar as 'n profeet dink hy mag iets sê wat Ek nie gesê het hy moet sê nie, dan moet daardie profeet sterf, ook as die profeet sê ander gode het hom gestuur om iets te sê.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “‘Maar as daar iemand tussen julle is wat sê dat hy by ’n ander god ’n boodskap gekry het om vir julle te gee, of wat sê dat hy iets by My gehoor het, en hy lieg, moet julle hom doodmaak.’