Deuteronomy 18:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom sal hulle geen erfdeel onder hulle broers hê nie: die HERE is hulle erfdeel, soos Hy aan hulle gesê het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle sal geen grondgebied van hulle eie tussen hulle landgenote hê nie. Die Here is self hulle erfdeel net soos Hy hulle beloof het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy mag geen erfdeel hê onder sy broers nie; die HERE is sy erfdeel soos Hy hom beloof het. |
| Afrikaans 1983 | Die priesters kry nie 'n eie grondgebied tussen hulle volksgenote nie, Levi ontvang van wat die Here self toekom. Dit is soos die Here vir hom beloof het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle sal geen erfdeel saam met hulle volksgenote ontvang nie. Die Here is hulle erfdeel, soos Hy hulle beloof het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die priesters het nie hulle eie grond by die ander Israeliete nie. Die Here self behoort aan hulle, Hy het dit vir hulle belowe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het niks anders wat hulle erf nie. Hulle besit self niks nie. Die Here self is al wat hulle erf. So het Hy vir hulle belowe: Hy sal vir hulle sorg. |