Deuteronomy 18:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit sal gebeur dat elkeen wat nie luister na my woorde wat hy in my Naam sal spreek nie, Ek sal dit van hom eis. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal self rekenskap eis van elkeen wat nie luister na die boodskappe wat die profeet namens My verkondig nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die man wat nie luister na my woorde wat Hy in my Naam spreek nie, van hom sal Ek self rekenskap afeis. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal self rekenskap eis van elkeen wat nie gehoorsaam is aan my woorde wat die profeet in my Naam sê nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En van die persoon wat nie luister na my woorde wat hy in my Naam sê nie, sal Ek self rekenskap eis. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En Ek sal self die persoon straf wat nie luister na wat Ek sê wanneer Ek die profeet stuur nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As een van julle nie wil luister wat hierdie man vir julle sê nie, sal hy met My self te doen kry. Ek sal self met hom afreken! |