Deuteronomy 18:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Volgens alles wat jy op die dag van die vergadering van die HERE jou God by Horeb begeer het deur te sê: Laat my nie weer die stem van die HERE my God hoor nie, en laat my nie meer hierdie groot vuur sien nie, dat ek nie sterwe nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit is wat jy van die Here jou God gevra het toe jy by Sinaiberg bymekaar was: ‘Ons kan nie langer na die stem van die Here jou God luister of na die groot vuur kyk nie, anders gaan ons sterf.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | net soos jy van die HERE jou God by Horeb gevra het toe jy op die dag van die vergadering gesê het: Ek kan die stem van die HERE my God nie langer hoor en hierdie groot vuur nie meer sien nie, anders sterf ek. |
| Afrikaans 1983 | Dit sal wees soos destyds toe die gemeente by Horeb bymekaargekom het en jy vir die Here jou God gesê het: ‘Ek kan nie weer 'n keer die stem van die Here my God aanhoor en weer na die groot vuur kyk nie, want dan sterf ek.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit is eintlik wat jy van die Here jou God by Horeb op die dag van die byeenkoms gevra het, toe jy gesê het, ‘Ek kan nie langer na die stem van die Here my God luister en ook nog na hierdie groot vuur bly kyk nie – ek wil nie sterf nie.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle het dit vir julle God die Here gevra by Horeb-berg toe julle daar bymekaar was. Julle het gesê: ‘Ons wil nie weer die stem van ons God die Here hoor nie, ons wil nie weer hierdie groot vuur sien nie, want dan sal ons sterf.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dis mos wat julle daar by die berg Horeb ernstig vir die Here gevra het toe julle voor Hom bymekaar was. Julle het mooi gevra dat Hy nooit weer self met julle moet praat nie. Of dat Hy Homself weer in die vuur vir julle moet wys nie, want julle was bang dat julle sal doodgaan as Hy self met julle kom praat. |