Deuteronomy 18:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die HERE jou God sal vir jou 'n profeet verwek uit jou midde, uit jou broers, soos ek; na Hom moet julle luister;
Afrikaans (NLV) 2011 “Die Here jou God gaan vir jou ’n profeet na vore laat kom, iemand uit jou mede-Israeliete, soos ek. Luister na daardie profeet.
Afrikaans 1933/1953 'n Profeet uit jou midde, uit jou broers, soos ek is, sal die HERE jou God vir jou verwek; na Hom moet julle luister --
Afrikaans 1983 “Die Here jou God sal 'n profeet onder jou na vore laat kom, een van jou volksgenote. Hy sal soos ek wees. Vir hom moet jy gehoorsaam.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “'n Profeet uit jou midde, iemand uit jou volksgenote soos ek, sal die Here jou God vir jou laat opstaan; na hom moet julle luister.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Julle God die Here sal een van julle stuur om 'n profeet te wees soos ek. Julle moet luister na daardie profeet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Die Here jou God sal iemand onder jou volk stuur wat vir julle sal sê wat die Here wil hê julle moet weet, net soos Hy my gestuur het. Julle moet luister as hierdie man met julle praat, want hy sê wat hy van my hoor.