Deuteronomy 18:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want hierdie nasies wat jy in besit sal neem, het geluister na waarnemers van tye en na waarsêers; maar wat jou aangaan, die HERE jou God het jou nie toegelaat om so te doen nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hierdie nasies wat jy gaan verdryf, raadpleeg goëlaars en waarsêers, maar die Here jou God verbied jou om sulke dinge te doen.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Want hierdie nasies wat jy uit hulle besitting verdrywe, luister na goëlaars en waarsêers; maar wat jou aangaan, die HERE jou God het jou nie so iets toegelaat nie. |
| Afrikaans 1983 | Hierdie nasies wat jy gaan verdryf, luister na towenaars en besweerders. Maar die Here jou God verbied jou om dit te doen.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, hierdie nasies wat jy gaan verdryf, luister na hulle wat voortekens lees en voorspellings maak; maar wat jou betref, die Here jou God laat jou so iets nie toe nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle sal nou ander volke se grond gaan vat, daardie volke luister na mense wat sê hulle weet dinge wat ander mense nie kan weet nie, hulle luister na waarsêers, maar julle mag dit nie doen nie, julle God die Here wil nie hê dat julle dit moet doen nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die mense wat jy daar gaan wegjaag, hou van mense wat hulle met toordery ophou en die toekoms voorspel. Luister mooi: die Here jou God verbied jou om jou met hierdie dinge besig te hou.” |