Deuteronomy 18:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want almal wat hierdie dinge doen, is vir die HERE 'n gruwel; en ter wille van hierdie gruwels verdryf die HERE jou God hulle voor jou uit.
Afrikaans (NLV) 2011 Enigiemand wat sulke dinge doen, is ’n gruwel vir die Here. Dit is juis omdat ander nasies sulke dinge doen dat die Here jou God hulle voor jou gaan verdryf.
Afrikaans 1933/1953 Want elkeen wat hierdie dinge doen, is vir die HERE 'n gruwel; en om hierdie gruwels ontwil verdryf die HERE jou God hulle voor jou uit.
Afrikaans 1983 Die Here het 'n afsku van elkeen wat hierdie soort ding doen. Trouens, dit is juis oor die afskuwelike praktyke van die Kanaäniete dat die Here jou God hulle in jou belang gaan verdryf.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want elkeen wat hierdie dinge doen, is vir die Here afstootlik. En dit is oor hierdie afstootlike dinge dat die Here jou God hulle voor jou verdryf.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Want die Here haat elke mens wat hierdie dinge doen, en daarom jaag die Here daardie volke weg om plek te maak vir julle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Enige mens wat hom met hierdie dinge besig hou, is vir die Here walglik. Hy kan so ’n mens nie voor sy oë verdra nie. Dis omdat die nasies wat nou in daardie land bly, hierdie dinge gedoen het dat die Here jou God hulle uit die land gaan wegdryf. Hy gaan hulle land vir jou gee.