Deuteronomy 18:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daar sal niemand onder julle gevind word wat sy seun of sy dogter deur die vuur laat deurgaan nie, of wat met waarsêery gebruik maak, of 'n waarnemer van tye, of 'n towenaar of 'n heks nie,
Afrikaans (NLV) 2011 Daar mag nooit iemand tussen julle wees wat sy seun of dogter as ’n brandoffer verbrand nie. Moenie betrokke raak by waarsêery of goëlery of by die interpretasie van voortekens of towery,
Afrikaans 1933/1953 Daar mag niemand by jou gevind word wat sy seun of sy dogter deur die vuur laat deurgaan -- wat met waarsêery, goëlery of met verklaring van voortekens of towery omgaan nie,
Afrikaans 1983 Daar mag nie iemand by jou wees wat sy seun of dogter as offer laat verbrand nie. Daar mag nie 'n besweerder by jou wees nie en ook nie 'n towenaar of iemand wat voortekens lees of 'n goëlaar
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar mag nooit by jou iemand wees wat sy seun of dogter in die vuur offer, of wat voorspellings maak, voortekens lees, waarsêery beoefen, of 'n towenaar is nie,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Niemand moet sy kind verbrand nie, niemand moet sê hy weet dinge wat ander mense nie kan weet nie. Hy moet ook nie sê hy sien tekens en hy weet wat sal gebeur nie, of hy kan toor,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy mag byvoorbeeld nie jou seun of dogter as ’n offer verbrand om heidense afgode te aanbid nie. En jou mense mag ook nie ander se fortuin vertel of volgens die sterre dinge vir mense voorspel nie. Hulle mag ook nie by toordery betrokke raak nie. Jy mag nie toelaat dat iemand onder jou mense die toekoms probeer voorspel deur tekens te probeer verklaar nie. Niemand mag hekse besoek of aan hulle byeenkomste deelneem nie.