Deuteronomy 18:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die Levietepriesters en die hele stam van Levi mag geen deel of erfdeel saam met Israel hê nie; hulle mag die vuuroffers van die HERE en sy erfdeel eet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Onthou dat die Levitiese priesters en die res van die stam van Levi nie grond in die land sal ontvang soos die ander stamme van Israel nie. In plaas daarvan sal die priesters en Leviete van die vuuroffers vir die Here eet. Dit sal hulle erfenis wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die Levitiese priesters, die hele stam van Levi, mag geen deel of erfenis saam met Israel hê nie; van die vuuroffers van die HERE en van sy erfdeel moet hulle eet. |
| Afrikaans 1983 | “Die Levitiese priesters, die afstammelinge van Levi, sal nie tussen die Israeliete grond as besitting kry nie. Die hele Levistam sal die vuuroffers eet wat vir die Here gebring is, wat aan Hom behoort. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | ‘‘ Die Levitiese priesters, die hele stam van Levi, sal nie 'n aandeel of erfenis hê saam met Israel nie. Van die besondere gawes aan die Here en van wat aan Hom behoort, moet hulle leef. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses het gesê: “Die priesters van die nageslag van Levi, die hele Levi-stam, het nie 'n stuk van die land gekry saam met die ander Israeliete nie, hulle het nie grond gekry wat hulle eie grond is nie. Hulle mag die vuur-offers eet wat aan die Here behoort. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Onthou dat die Here nie vir die mense wat in sy huis werk, die nageslag van Levi, grond gegee het om op te boer nie. Hy het vir al die ander stamme van Israel grond gegee, maar nie vir hulle nie. In plaas daarvan dat hulle grond kry om op te boer, gee Hy vir hulle die offers wat julle na sy huis toe bring om daar te verbrand as julle Hom dien. Dit is waarvan hulle moet leef. |