Deuteronomy 17:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy moet na die Levietepriesters en by die regter wat in dié dae sal wees, kom en navraag doen; en hulle sal jou die vonnis van oordeel te kenne gee.
Afrikaans (NLV) 2011 Hou dan die saak aan die Levitiese priesters voor of die regter aan diens. Hulle sal uitspraak lewer.
Afrikaans 1933/1953 en jy moet kom na die Levitiese priesters en na die regter wat daar in die dae sal wees, en jy moet uitvra; dan sal hulle jou die geregtelike uitspraak te kenne gee.
Afrikaans 1983 Gaan dan na die Levitiese priesters en die regter wat aan diens is, en vra raad by hulle. Hulle sal vir jou die regte uitspraak lewer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy moet na die Levitiese priesters en die regter gaan wat in daardie tyd daar sal wees, en hulle raadpleeg. Hulle sal aan jou die uitspraak oor die regsaak bekend maak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar moet julle vir die priesters van die nageslag van Levi en vir die regter wat daardie tyd daar is, vra wat julle moet doen, en hy sal vir julle sê wat julle moet besluit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Gaan dan na die kinders van Levi wat by die huis van die Here sal werk. Daar onder hulle is ook mense wat ernstige hofsake kan hanteer. So ’n ernstige saak moet by hulle uitkom. Hulle sal besluit of die persoon skuldig is, en wat sy straf moet wees as hy skuldig is.