Deuteronomy 17:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As daar vir jou 'n saak ontstaan wat te moeilik is in die gereg, tussen bloed en bloed, tussen smeking en smeking en tussen slag en beroerte, wat 'n twissaak is binne jou poorte; dan moet jy opstaan en jou optrek na die plek wat die Die HERE jou God sal uitkies;
Afrikaans (NLV) 2011 “Dit kan gebeur dat ’n saak in ’n plaaslike hof vir jou te moeilik is om oor uitspraak te gee, soos oor moord, of ’n siviele saak, of oor aanranding. In so ’n geval moet jy na die plek gaan wat die Here jou God sal uitkies.
Afrikaans 1933/1953 As 'n saak vir jou te swaar is om te beslis oor manslag, oor regsaansprake en oor verwonding -- regsake in jou poorte -- dan moet jy klaarmaak en opgaan na die plek wat die HERE jou God sal uitkies;
Afrikaans 1983 “Dit kan gebeur dat 'n saak voor jou gebring word wat vir jou te moeilik is: oor bloedvergieting of oor 'n hofuitspraak of oor aanranding. Dan moet jy na die plek toe gaan wat die Here jou God vir Hom sal uitkies.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Wanneer 'n saak vir jou te moeilik is om te beoordeel, soos bloedwraak, eise en teeneise, geweldpleging deur vergelding en regsgeskille in julle poorte, moet jy gereedmaak en opgaan na die plek wat die Here jou God sal kies.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Miskien is dit baie moeilik wanneer julle moet oordeel en moet besluit of iemand 'n ander persoon vermoor het, wanneer julle moet sê of iemand reg is of verkeerd is, en moet sê of iemand 'n ander persoon eerste aangeval en seergemaak het. Wanneer julle oor dinge moet besluit in julle woonplekke, en dit is vir julle moeilik om te besluit, dan moet julle dadelik gaan na die plek wat julle God die Here vir Hom sal kies, waar julle Hom moet aanbid.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Sê nou maar iemand word voor jou hof gedaag, en jy kan nie besluit hoe sy saak hanteer moet word nie. Hierdie persoon het dalk iemand doodgemaak of iemand aangerand of iets anders gedoen wat baie ernstig is. Julle kan nie saamstem hoe om die saak te hanteer of watter straf die skuldige persoon opgelê moet word nie. Hoe hanteer jy dit dan? Wel, gaan na die plek toe wat die Here jou God sal kies om sy huis te laat bou.