Deuteronomy 17:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die hande van die getuies moet eerste op hom wees om hom dood te maak, en daarna die hande van die hele volk. So moet jy die kwaad onder jou uit verwyder.
Afrikaans (NLV) 2011 Die getuies moet die eerste klippe gooi, daarna sal die res van die volk volg. So moet jy die kwaad uit jou midde uitroei.
Afrikaans 1933/1953 Die hand van die getuies moet eerste teen hom wees om hom dood te maak, en daarna die hand van die hele volk. So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei.
Afrikaans 1983 Die getuies moet die vonnis begin voltrek, en daarna moet die hele volk dit help uitvoer. Jy moet hierdie soort kwaad tussen julle uitroei.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die getuies se hand moet die eerste wees om hom dood te maak, en daarna die hand van die hele volk. Jy moet die kwaad by jou uitroei.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die getuies moet die eerste klippe gooi om die persoon dood te maak, daarna moet die ander mense gooi. Julle moet duidelik wys dat julle nie saam met die persoon skuldig is nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die mense wat kom vertel het dat die persoon so iets gedoen het, moet altyd die eerste klippe gooi om die persoon dood te maak. Dan moet die ander mense in die dorp ook die persoon met klippe gooi. Op hierdie manier moet jy keer dat slegte dinge tussen julle gebeur.”