Deuteronomy 17:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Op die mond van twee getuies, of drie getuies, moet hy wat die dood verdien, gedood word; maar op die mond van een getuie mag hy nie gedood word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Jy mag nooit iemand op grond van die getuienis van net een persoon ter dood veroordeel nie. Daar moet altyd minstens twee of drie getuies wees.
Afrikaans 1933/1953 Op die verklaring van twee getuies of drie getuies moet die veroordeelde gedood word; hy mag nie gedood word op die verklaring van een getuie nie.
Afrikaans 1983 Die terdoodveroordeling mag net plaasvind op die eenparige getuienis van twee of drie getuies, nie op dié van net een nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Op grond van die verklaring van twee of drie getuies moet die veroordeelde tereggestel word. Hy mag nie tereggestel word op grond van die verklaring van net een getuie nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar julle mag dit net doen as twee of drie getuies gesê het dit is waar dat hy verkeerd gedoen het, hy mag nie sterf as daar net een getuie is nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar jy mag nooit iemand doodmaak net omdat een persoon sê dat hy dit gedoen het nie. Daar moet altyd ten minste twee of drie mense wees wat gesien het dat die persoon iets afskuweliks gedoen het.