Deuteronomy 17:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dan moet jy daardie man of daardie vrou wat daardie goddelose ding gedoen het, na jou poorte uitbring, daardie man of daardie vrou, en jy moet hulle met klippe stenig totdat hulle sterwe.
Afrikaans (NLV) 2011 moet die man of vrou na die poorte van die stad gebring word en daar met klippe doodgegooi word.
Afrikaans 1933/1953 dan moet jy die man of die vrou wat hierdie verkeerde ding gedoen het, na jou poorte uitbring -- die man of die vrou -- en jy moet hulle stenig, dat hulle sterwe.
Afrikaans 1983 moet jy die man of die vrou wat die verkeerde ding gedoen het, laat uitbring na die stadspoort toe en hy of sy moet daar met klippe doodgegooi word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) dan moet jy daardie man of vrou wat die verkeerde daad gedoen het, uitbring na die dorpspoort – man of vrou. Jy moet hulle stenig, sodat hulle sterf.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As dit regtig gebeur het, dan moet jy daardie man of vrou wat verkeerd gedoen het, uitbring na 'n poort, en jy moet die man of die vrou doodgooi met klippe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) moet jy daardie mens tot by die uitgang van die stad vat. Daar moet julle hom dan met klippe doodgooi.