Deuteronomy 17:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het gegaan en ander gode gedien en hulle voor hulle neergebuig, die son of die maan of enige van die leër van die hemel wat Ek nie beveel het nie; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | en ander gode aanbid het en gebuig het voor die son of maan of een van die ander hemelliggame, dinge wat Ek streng verbied het; |
| Afrikaans 1933/1953 | en ander gode gaan dien en voor hulle neerbuig, en voor die son of die maan of die hele leër van die hemel -- wat Ek nie beveel het nie -- |
| Afrikaans 1983 | deur ander gode te dien en te vereer: die son of die maan of enige ander hemelliggaam. Die Here het nie hierdie soort diens beveel nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en ander gode gaan dien en voor hulle in aanbidding buig – voor die son of die maan of enige van die hemelligame, iets wat die Here nie beveel het nie – |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die persoon sal miskien ander gode gaan dien en voor hulle buig, hy sal buig vir die son of vir die maan of vir al die sterre in die lug. Ek het gesê julle mag dit nie doen nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | deur ander gode te aanbid. Hy buig dalk voor die son of die maan of een van die planete of sterre en aanbid hulle asof hulle gode is. Natuurlik het die Here jou God jou verbied om enige ander gode te aanbid. |