Deuteronomy 17:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | dat sy hart nie verhef word bo sy broers nie en dat hy nie van die gebod afwyk nie, regs of links, sodat hy sy dae in sy koninkryk kan verleng, hy en sy kinders, in die midde van Israel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit sal keer dat hy homself verhewe ag bo sy landgenote. Dit sal ook verhoed dat hy selfs in die kleinste mate van die opdragte afwyk. Dit sal ook verseker dat hy en sy afstammelinge vir baie geslagte in Israel sal regeer.” |
| Afrikaans 1933/1953 | sodat sy hart hom nie verhef oor sy broers nie en hy van die gebod nie regs of links afwyk nie; dat hy die dae kan verleng in sy koninkryk, hy en sy seuns, onder Israel. |
| Afrikaans 1983 | Dan sal hy hom nie bo sy volksgenote verhef en 'n haarbreedte afwyk van hierdie gebod nie. As hy gehoorsaam is, sal hy lank lewe in sy koninkryk, hy en sy seuns tussen sy volk Israel.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | homself nie hoër te ag as sy volksgenote nie, en nie links of regs af te wyk van die gebod nie. Dan sal hy 'n lang tyd oor sy koninkryk in Israel heers, hy en ook sy nageslag.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning moenie hoogmoedig wees en hom verbeel dat hy beter is as die ander Israeliete nie. Hy moet presies doen wat die wette sê, sodat hy en sy seuns ná hom lank sal regeer oor die Israeliete.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As hy elke dag uit hierdie boek lees en agterkom wat Ek van hom verwag, sal hy nie trots word en begin maak of hy beter is as die ander mense wat saam met hom in die land bly nie. Dit sal ook keer dat hy wegdraai van die pad wat Ek gesê het hy moet loop. Dan mag hy dalk op ander paaie begin loop. As hy alles doen wat Ek hom beveel, sal hierdie koning en sy kinders en kleinkinders vir baie lank as konings oor die volk Israel regeer.” |