Deuteronomy 17:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As daar onder julle gevind word, binne een van jou poorte wat die HERE jou God jou gee, man of vrou, wat kwaad gedoen het in die oë van die HERE jou God deur sy verbond te oortree,
Afrikaans (NLV) 2011 As ’n man of vrou onder julle in een van die dorpe wat die Here jou God aan jou gee, verkeerd opgetree het in die oë van die Here jou God; as so ’n persoon die verbond verbreek het
Afrikaans 1933/1953 As by jou, in een van jou poorte wat die HERE jou God jou sal gee, 'n man of 'n vrou gevind word wat doen wat verkeerd is in die oë van die HERE jou God deur sy verbond te oortree,
Afrikaans 1983 “Dit kan gebeur dat jy in een van die dorpe wat die Here jou God vir jou sal gee, 'n man of 'n vrou kry wat die verbond verbreek en doen wat verkeerd is in die oë van die Here jou God
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ As daar by jou, in een van die dorpe wat die Here jou God vir jou gaan gee, 'n man of vrou betrap word wat doen wat verkeerd is in die oë van die Here jou God, deurdat die persoon sy verbond oortree
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “In een van die woonplekke wat julle God die Here vir julle gee, sal daar miskien 'n man of 'n vrou wees wat dinge doen waarvan die Here nie hou nie en die man of die vrou sal verkeerd doen teen die verbond van die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Sê nou maar iemand wat in ’n dorp bly, breek die ooreenkoms wat die Here jou God met jou gemaak het. Sê nou iemand doen ’n baie slegte ding