Deuteronomy 17:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit moet by hom wees, en hy moet daarin lees al die dae van sy lewe, dat hy kan leer om die HERE sy God te vrees, om al die woorde van hierdie wet en hierdie insettinge te onderhou, om dit te doen, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy moet altyd ’n afskrif daarvan by hom hou en dit elke dag lees so lank as wat hy lewe. So sal hy leer om die Here sy God te aanbid en aan die voorskrifte van die gebooie gehoorsaam te wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | en dit moet by hom wees, en hy moet al die dae van sy lewe daarin lees, dat hy kan leer om die HERE sy God te vrees deur al die woorde van hierdie wet en hierdie insettinge te hou, om dit te doen; |
| Afrikaans 1983 | Hy moet die afskrif by hom hou en sy lewe lank moet hy dit gereeld lees sodat hy kan leer om die Here sy God te dien deur gehoorsaam te wees aan alles in hierdie wet en om volgens al hierdie voorskrifte te lewe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy moet dit by hom hou en hy moet sy lewe lank daaruit lees sodat hy kan leer om vir die Here sy God ontsag te hê, om al die woorde van hierdie wet te onderhou, hierdie voorskrifte na te kom, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning moet die wette altyd by hom hê en hy moet dit elke dag lees, sodat hy kan leer om sy God die Here te respekteer en om aan te hou om alles te doen wat die wette sê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy moet die boek met hierdie opdragte elke dag by hom hou. Hy moet elke dag daaruit lees, solank hy leef. So sal hy leer om die Here te respekteer, as hy alles doen wat Ek jou beveel het om te doen. |