Deuteronomy 17:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as hy op die troon van sy koninkryk sit, moet hy vir hom 'n afskrif van hierdie wet opskryf in 'n boek uit dit wat voor die Levietepriesters is.
Afrikaans (NLV) 2011 “Wanneer hy as koning op die troon sit, moet hy ’n afskrif van die gebooie in die teenwoordigheid van die Levitiese priesters in ’n boekrol laat skryf.
Afrikaans 1933/1953 En as hy op die troon van sy koninkryk sit, moet hy vir hom 'n afskrif van hierdie wet in 'n boek skrywe, uit die wat voor die Levitiese priesters lê;
Afrikaans 1983 “Wanneer hy as koning oor sy ryk regeer, moet hy vir hom 'n afskrif van hierdie wet maak. Hiervoor moet hy die eksemplaar van die Levitiese priesters gebruik.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Wanneer hy op sy koninklike troon sit, moet hy van hierdie wet, wat in besit van die Levitiese priesters is, vir hom 'n afskrif skryf in 'n •boekrol.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer hy koning word, dan moet hy hierdie wette oorskryf vir homself. Die wette is by die priesters van die nageslag van Levi.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “As hy as koning op die troon sit, moet hy alles neerskryf wat die Here jou God jou beveel het om te doen. Hy moet hierdie boek afskryf van die boek wat by die mense is wat in die huis van die Here werk, die kinders van Levi. En hierdie mense moet toesien dat hy alles neerskryf wat die Here jou God jou beveel het.