Deuteronomy 17:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar hy mag vir hom geen perde vermeerder en die volk nie na Egipte laat terugkeer om perde te vermeerder nie;
Afrikaans (NLV) 2011 Die koning mag nie baie perde aanhou nie. Hy mag ook nooit sy volk na Egipte toe stuur om daar perde te gaan koop nie, want die Here het gesê: ‘Julle mag nooit na Egipte toe teruggaan nie.’
Afrikaans 1933/1953 Hy mag net nie vir hom baie perde aanskaf nie, en hy mag die volk nie na Egipte teruglei om baie perde aan te skaf nie, aangesien die HERE vir julle gesê het: Julle mag nooit meer teruggaan op hierdie pad nie.
Afrikaans 1983 Hy mag nie baie perde aanhou nie en hy mag ook nie die volk na Egipte toe laat teruggaan om vir hulle baie perde aan te skaf nie. Die Here het vir julle gesê: ‘Julle mag nooit weer daarheen teruggaan nie.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy mag net nie baie perde aanskaf nie en hy mag ook nie die volk na Egipte laat terugkeer met die doel om meer perde aan te skaf nie. Die Here self het vir julle gesê, ‘Julle mag nooit weer op hierdie pad teruggaan nie.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “En die koning moenie baie perde wil hê nie, en hy mag nie die volk terugneem na die land Egipte om baie perde vir homself te kry nie. Die Here het gesê julle moenie weer op daardie pad gaan nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hierdie koning mag nie vir hom ’n groot klomp perde bymekaarmaak nie. Hy mag ook nooit toelaat dat die mense van sy volk na Egipte toe gaan om daar perde te gaan koop nie. Die Here het mos baie duidelik vir jou gesê dat jy nooit weer na Egipte mag teruggaan nie.