Deuteronomy 17:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jy moet hom hoegenaamd as koning oor jou aanstel wat die HERE jou God sal uitkies; een uit jou broers moet jy koning oor jou aanstel; jy mag geen vreemdeling oor jou aanstel wat nie jou broer is nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Stel dan tog ’n koning aan vir wie die Here jou God kies. Stel ’n mede-Israeliet aan en nie ’n vreemdeling nie.
Afrikaans 1933/1953 dan moet jy sekerlik 'n koning oor jou aanstel wat die HERE jou God sal verkies; uit die midde van jou broers moet jy 'n koning oor jou aanstel; jy mag geen uitlander, wat jou broer nie is nie, oor jou aanstel nie.
Afrikaans 1983 Stel dan tog die koning aan vir wie die Here jou God kies. Jy moet iemand uit jou eie volk as koning aanstel. Jy mag nie 'n uitlander, iemand wat nie uit jou volk is nie, as koning aanstel nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) dan moet jy beslis 'n koning oor jou aanstel wat die Here jou God kies. Uit jou volksgenote moet jy 'n koning oor jou aanstel. Dit is ontoelaatbaar om 'n vreemde persoon wat nie jou volksgenoot is nie, oor jou aan te wys.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dan moet julle 'n koning aanstel, maar dit moet die koning wees wat julle God die Here sal kies. Julle moet een van julle eie mense aanstel om koning oor julle te wees, julle mag nie iemand aanstel wat nie 'n Israeliet is nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “As dit gebeur dat jy ’n koning wil aanstel, moet jy baie seker maak jy kies die man wat die Here jou God vir hierdie werk gekies het. Jy moet iemand kies wat ook ’n Israeliet is. Jy mag nie iemand van ’n ander nasie as koning oor jou aanstel nie.