Deuteronomy 17:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As jy in die land kom wat die HERE jou God jou gee, en jy dit in besit neem en daarin woon en sê: Ek sal 'n koning oor my aanstel soos al die nasies wat rondom my is;
Afrikaans (NLV) 2011 “Julle sal binnekort in die land aankom wat die Here julle God vir julle gee. Julle sal dit inneem en daar gaan woon. Julle kan dan begin dink: ‘Ons behoort ook ’n koning te hê soos die ander volke rondom ons.’
Afrikaans 1933/1953 As jy kom in die land wat die HERE jou God jou sal gee, en dit in besit neem en daarin woon en dan sê: Ek wil 'n koning oor my aanstel soos al die nasies wat rondom my is,
Afrikaans 1983 “Wanneer jy in die land kom wat die Here jou God vir jou sal gee, en jy dit in besit geneem het en daarin woon, sal jy sê: ‘Ek wil 'n koning oor my aanstel. Elke nasie in my omgewing het 'n koning.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Wanneer jy in die land aankom wat die Here jou God vir jou gaan gee, en dit in besit neem en jou daarin vestig en sê, ‘Ek, Israel, wil 'n koning oor my aanstel soos al die nasies wat om my is,’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Wanneer julle by die land kom wat julle God die Here vir julle gee, sal julle die land vir julleself vat en julle sal daar gaan woon. Julle sal dan sê julle wil 'n koning kies en aanstel soos al die ander volke doen wat rondom julle woon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Een van die dae trek jy in die land in wat die Here jou God vir jou gaan gee. Jy moet hierdie land vir jouself vat en daarin gaan bly. Dan kan jy dalk op ’n dag begin dink: ons behoort ook ’n koning te hê, want al die ander nasies wat rondom ons bly, het konings.