Deuteronomy 17:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die man wat vermetel wil handel en nie luister na die priester wat staan om daar te dien voor die aangesig van die HERE jou God, of na die regter nie, dié man moet sterwe; en jy moet die onheil uit Israel verwyder. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Enigeen wat so arrogant is om die vonnis te verwerp van die regter of priester wat die Here jou God verteenwoordig, moet doodgemaak word. So moet jy dié soort kwaad in Israel uitroei. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die man wat vermetel handel, dat hy nie luister na die priester wat staan om daar die HERE jou God te dien, of na die regter nie -- die man moet sterwe. So moet jy dan die kwaad uit Israel uitroei. |
| Afrikaans 1983 | Die man wat nie luister nie en so die regter en die priester wat diens lewer in die heiligdom van die Here jou God, met minagting behandel, moet doodgemaak word. Jy moet die soort verkeerde ding uit Israel uitroei. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Die man wat verwaand optree, en nie die priester wat daar in diens van die Here jou God staan of die regter gehoorsaam nie, daardie man moet sterf. Jy moet die kwaad in Israel uitroei. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Persoon wat opstandig is en wat nie luister na die regter of na die priester wat daar vir die Here moet werk nie, moet sterf. So sal julle duidelik wys dat die ander Israeliete nie saam met die persoon skuldig is nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Iemand steur hom dalk nie aan die mense wat in die huis van die Here werk nie. Of hy waag dit om te verander aan die opdrag wat die regter gee oor wat met die skuldige persoon gedoen moet word. Of hy steur hom nie aan wat die persoon sê wat in die huis van die Here werk nie. So ’n persoon moet op die plek doodgemaak word. |