Deuteronomy 17:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Volgens die uitspraak van die wet wat hulle jou sal leer en volgens die oordeel wat hulle jou sal sê, moet jy doen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nadat hulle die wet geïnterpreteer het en oor ’n vonnis besluit het, moet die vonnis wat hulle oplê ten volle uitgevoer word sonder om enigiets daaraan te verander. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ooreenkomstig die wet wat hulle jou leer en volgens die regspraak wat hulle jou sê, moet jy handel; jy mag nie regs of links afwyk van die uitspraak wat hulle jou te kenne gee nie. |
| Afrikaans 1983 | Jy moet handel volgens die onderrig wat hulle gee, volgens die uitspraak wat hulle vir jou lewer. Jy mag nie 'n haarbreedte afwyk van wat hulle vir jou sê nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Presies volgens die uitleg wat hulle vir jou gee en die beslissing wat hulle jou meedeel, moet jy optree. Jy mag van die uitspraak wat hulle aan jou bekend maak, nie links of regs afwyk nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle sal vir julle sê wat die wette van die Here sê en wat julle moet besluit, en julle moet dit so doen. Julle moet alles doen wat hulle vir julle sê, julle moet dit presies so doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle sal besluit wat die wet sê met die persoon gedoen moet word wat skuldig is aan die een of ander misdaad. Jy mag niks verander aan die uitspraak wat hierdie hof gee nie. |