Deuteronomy 17:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy moet doen volgens die vonnis wat hulle van die plek wat die HERE sal uitkies, jou sal te kenne gee; en jy moet sorgvuldig doen volgens alles wat hulle jou vertel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Tree volgens hulle beslissing daar op by die plek wat die Here sal kies. Doen presies wat hulle sê. |
| Afrikaans 1933/1953 | En jy moet handel ooreenkomstig die uitspraak wat hulle jou te kenne sal gee, uit die plek wat die HERE sal uitkies; en jy moet sorgvuldig doen net soos hulle jou sal leer. |
| Afrikaans 1983 | Handel volgens die uitspraak wat hulle vir jou lewer daar by die plek wat die Here sal kies. Gehoorsaam alles wat hulle jou daar leer, en lewe daarvolgens. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy moet optree volgens die uitspraak wat hulle aan jou bekend maak op daardie plek wat die Here sal kies. Jy moet nougeset handel volgens alles wat hulle jou leer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle sal dit vir julle sê op daardie plek wat die Here sal kies, en julle moet dit dan alles doen, julle moet presies doen wat hulle vir julle sê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy moet dan presies doen wat hulle besluit met die skuldige persoon gedoen moet word. Hulle werk nie verniet in die huis wat die Here sal kies om in te woon nie. Doen alles wat hulle vir jou sê om te doen. Lewe soos hulle sê jy moet. |